Zelexa Beauty Spa ondergaan hernuwing

From Mossel Bay Advertiser – 31 January 2014

Bekende Mosselbaaier Charlotte Oberholzer is sedert Desember 2013 die trotse nuwe eienares van Zelexa Beauty Spa.

Die salon is die oudste skoonheidssalon in Mosselbaai en Charlotte is baie trots om hierdie juweel haar eie te noem! Sy glo dat die Here haar die afgelope jare voorberei het op hierdie nuwe uitdaging, want sy is gelei vanaf musiekonderwyseres na ‘n bemarker in die boubedryf en toe as betuurder van ‘n gastehuis.  Al die ervaring kom nou bymekaar en word daagliks toegepas by die salon, waar haar liefde vir mense verseker dat sy elke klient spesiaal laat voel.

Zelexa is die eerste salon wat professionele “air brush” grimering doen.  Die produk het ‘n silikoon basis wat heeldag hou en ‘n baie natuurlike voorkoms skep, wat perfek is vir bruide of daardie baie spesiale geleentheid.  “Ons is ook die agente vir Airbase produkte.”

“Al ons behandelings is beskikbaar in bekostigbare pakette, asook spesiaal ontwerpte individuele pakkette, volgens u behoeftes.  Die vriendelike personeel is goed gekwalifiseer.  Vir die mooiste naelkuns moet u ons kontak vir ‘n afspraak, want ons nael tegnikus skep werklik miniatuur kunswerke op naels!”

“Die dekor van die salon het ‘n totale hernuwing ondergaan en op 1 Februarie hou ons ‘n ope dag waarheen u uitgenooi word om ons span te kom ontmoet en ons pragtige nuwe salon te ervaar.  Daar is ook promosies tydens die “maan van die liefde” en u word aangeraai om vroegtydig te bespreek vir Valentynsdag”

“Ons sien uit daarna om ou bekende kliente weer te sien, asook nuwe gesigte te ontmoet.”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.