Zelexa Beauty Spa bied unieke ervaring

By Tersia Marais ( Mossel Bay Advertiser )

Die oudste skoonheidsalon in Mosselbaai, Zelexa Beauty Salon, is reeds die afgelope meer as twee jaar onder die eienaarskap van Charlotte Oberholzer en haar droom om ‘n unieke ervaring aan haar kliënte te bied, is besig om waar te word.

Zelexa-Beauty-Spa-in-Mossel-Bay-New (1)

Op 1 Februarie 2016 open sy haar teetuin waar kliënte voor of na hulle behandelings in ‘n rustige omgewing ‘n “smoothie”, koppie Turkse tee, vrugte- of groentesappe asook ‘n absoluut innoverende “een-teekoppie-gereg” kan kom geniet. Die salon se grootte is byna verdubbel in grootte en die kalmerende dekor met die ritseling van water en strelende musiek wat kliënte begroet, bied lafenis aan ‘n moeë en seer gemoed. Dit is Charlotte se doel om ‘n rusplek te midde van die besige wêreld te skep waar daar in vrede ‘n boek gelees kan word of net stil te sit om die batterye van die siel te herlaai.

Zelexa-Beauty-Spa-in-Mossel-Bay-New (2)

Die salon bied steeds al die basiese skoonheid prosedures soos gesig-, wasbehandeling, manikure, pedikure, akriel en gel naels, tand bleiking en masserings. Professionele “air brush” grimering is steeds die bekendste diens wat Zelexa al die afgelope twee jaar bied. Afgesien van al die terapie wat beskikbaar is, is daar ook ‘n reeks Turkse geskenke wat uniek en spesiaal deur Charlotte self, vanaf Turkye ingevoer word.

Zelexa-Beauty-Spa-in-Mossel-Bay-New (3)

Alle behandelings is beskikbaar in bekostigbare pakkette asook spesiaal ontwerpte individuele pakkette, volgens u behoeftes. Die vriendelike personeel is goed gekwalifiseer en sien uit daarna om ou bekende kliënte weer te sien asook nuwe gesigte te ontmoet. Die ingang na die salon het na die voorkant van die gebou verskuif. Vir navrae kan u vir Charlotte kontak by 044 692 0559.

Zelexa-Beauty-Spa-in-Mossel-Bay-New (4)
Zelexa-Beauty-Spa-in-Mossel-Bay-New4

Comments are closed.